Skip to content

Trump sê Amerika se Vloot sal gestrande skepe deur Seestraat van Hormoes lei

# President Donald Trump sê die Amerikaanse Vloot sal vandag begin om gestrande skepe uit die Seestraat van Hormoes te lei. Volgens die Internasionale Maritieme Organisasie kon meer as 800 skepe en tot 20-duisend seevaarders nie deur die roete beweeg tydens die Amerikaans-Iranse konflik nie. Trump sê in ʼn inskrywing op Truth Social hy stel die veldtog, Projek Vryheid, in op versoek van lande wie se vaartuie in die seestraat gestrand is. Hy waarsku dat enige inmenging met geweld beantwoord sal word.