# Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, het sy groep geluk gewens vir hul groei en gesamentlike vertroue om die Onder-20 Rugby-kampioenskap in Gqeberha in te palm met nog ‘n wedstryd oor. Dit volg nadat Suid-Afrika Australië 57-17 oorrompel het. Foote sê hoewel fisieke oorheersing ‘n kenmerk van hul spel bly, het die groep ‘n sterker en hegter idenititeit ontwikkel. Hy het kaptein Riley Norton en die leierskapspan ook geluk gewens met hul leiding. Die Junior Bokke en Nieu-Seeland pak mekaar Saterdag in die laaste ronde.
Rugby: Afrigter van Junior Bokke loof groei en geloof vir Onder 20-sukses