# Krieket: Die Indiese sakemagnaat wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, Lakshmi M Mittal, en sy familie het ingestem om die Indiese Premierliga-franchise, Rajasthan Royals, te koop. Die ooreenkoms van sowat 27,5-miljard-rand sluit ook Paarl Royals in Suid-Afrika en Barbados Royals in die Karibiese Eilande in. Die Mittal-familie sal ná die transaksie ongeveer 75-persent van die konsessie besit, en Adar Poonawala van die Serum-instituut van Indië sowat 18-persent. Die bestaande beleggers, insluitend Rajasthan Royals se huidige hoofeienaar, Manoj Badale, behou die orige sewe-persent.
Krieket: Ooreenkoms van R27,5-miljard beklink om IPL-span Rajasthan Royals te koop