# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste nie aan die Wêreldgesondheidsorganisasie se laboratoriumraamwerk voldoen nie. Hy sê dit wek ernstige vrae oor die gehalte, betroubaarheid en bestuur van diagnostiese dienste in die openbaregesondheidstelsel. Die komitee sê hy is uiters bekommerd oor die lang tyd wat dit neem om uitslae te bekom, veral in patologiedienste. Hy is ook besorgd oor gedurige bedryfsprobleme, insluitend leemtes in verkryging, infrastruktuur en inligtingstelsels.
Parlement bekommerd oor die sistemiese mislukkings in die Nasionale Gesondheid-laboratoriumdienste