Skip to content

Gautengse polisiekommissaris bekommerd oor vlaag ontvoerings in die provinsie [KLANK]

# Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het erken dat die vlaag ontvoerings in die provinsie ʼn groot probleem is. Dit volg nadat die spazawinkel-eienaar, Mazwi Kubheka, ʼn maand gelede ontvoer is terwyl hy op pad was bank toe. Hy is Saterdag uiteindelik vrygelaat en het by die Vosloorus-polisiekantoor aangemeld. Niemand is in hegtenis geneem nie. Mthombeni sê die teen-ontvoeringseenheid probeer sy bes om alle ontvoeringsake op te los:

ENG MthombeniOnKidnappingConcern