Skip to content

Trump sê Iran het nog nie ’n groot genoeg prys betaal nie

# President Donald Trump van Amerika sê Iran het nog nie ʼn “groot genoeg prys” betaal vir dit wat hy die afgelope 47 jaar gedoen het nie. Dit volg nadat Iran deur Pakistan ʼn nuwe 14-punt-plan aan Amerika voorgelê het. Volgens berigte fokus dit op die opheffing van blokkades en ʼn nuwe meganisme om die Straat van Hormoes te bestuur. Die ooreenkoms sluit blykbaar ook vergoeding aan Teheran in vir oorlogskade. Trump sê hy sal die nuwe voorstel deurgaan, maar twyfel of dit aanvaarbaar sal wees.