Skip to content

Rugby: Junior Springbokke beklink Onder 20-Rugbykampioenskap met een wedstryd wat oorbly

# Rugby: Die Junior Springbokke het Australië by die Nelson Mandelabaai-stadion in die Baai met 56-17 afgeransel om die Onder 20-Rugbykampioenskap te wen. Suid-Afrika het agt drieë, insluitend twee strafdrieë gedruk om ʼn bonuspunt te behaal. Intussen het Argentinië se Onder-20’s die verdedigende kampioene, Nieu-Seeland, met 25-17 verslaan. Albei spanne het nou vier punte, wat beteken die Junior Bokke se tweede bonuspunt-oorwinning laat hulle met tien punte. Suid-Afrika kom Saterdag in hul laaste wedstryd teen die Junior All Blacks te staan.