Skip to content

Atletiek: SA mansaflosspanne wen 2 silwermedaljes op die Wêreld-afloskampioenskap

# Atletiek: Suid-Afrika het silwer gewen in die mans 4×100-meter by die Wêreldafloskampioenskap in Botswana. Die span, bestaande uit Akani Simbine, Cheswill Johnson, Bradley Nkoane en Mvuyo Moss, het ‘n nuwe Afrika-rekord van 37,49 sekondes opgestel, terwyl die VSA goud en Duitsland brons gewen het. Suid-Afrika het ook silwer in die mans 4×400-meter verseker in 2 minute: 57,07 sekondes, ‘n nasionale rekord. Botswana was eerste, met Australië derde. Suid-Afrika se mans se 4×100-; 4×400- en 4×400-meter gemengde aflosspanne het gekwalifiseer vir volgende jaar se Wêreldatletiekkampioenskap in Beijing.