# Die polisie in Mpumalanga doen DNS-toetse om te bepaal of menslike oorskot wat binne-in ‘n krokodil in Komatipoort gevind is, aan ‘n vermiste sakeman behoort. Die reptiel is opgespoor en van kant gemaak na ‘n dae lange soektog na ‘n vermiste 59-jarige sakeman wat meer as ‘n week gelede in die Komati-rivier meegesleur is. Polisie sê die krokodil is opgespoor en van kant gemaak voordat die oorskot gevind is. Ondersoekers sê forensiese ontleding sal die slagoffer se identiteit bevestig terwyl ondersoeke na die omstandighede rondom die voorval voortduur.
DNS-toetse sal identiteit van krokodilslagoffer bevestig