# Kenners van internasionale betrekkinge meen Eswatini se uitsluiting van China se nul-tariefooreenkoms kan polities gemotiveerd wees weens sy bande met Taiwan. Eswatini is die enigste Afrikaland wat uitgesluit is van die plan vir Afrika-uitvoere, wat van nou af tot April 2028 van krag is. Die beleid dek 53 nasies met diplomatieke bande met Beijing. ‘n Politieke wetenskaplike aan die Australiese Nasionale Universiteit se Taiwan-sentrum, Wen-Ti Sung, sê deur Eswatini te ignoreer gebruik China sy bande as ‘n wapen. China beskou Taiwan as ‘n wegbreekprovinsie, en kritici meen die besluit weerspieël strategiese diplomasie met voorwaardes.
Ontleders meen Eswatini se uitsluiting van China se nul-tariefooreenkoms is polities gemotiveerd