# Die polisie in Vosloorus het bevestig dat die 27-jarige spaza-winkeleienaar, Mazwi Kubheka, wat ‘n maand gelede as vermis aangemeld is, veilig gevind is. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê Kubheka het homself gisteraand by die Vosloorus-polisiestasie aangemeld. Hy sal na ‘n mediese ondersoek met sy familie herenig word. Die polisie sê die omstandighede rondom sy verdwyning bly onduidelik en die ondersoek duur voort. Sy het landsburgers daaraan herinner om vermiste persone onmiddellik aan te meld:
Vermiste Vosloorusman, Mazwi Kubheka gevind [KLANK]
ENG-NevhuhulwiOnKubheka