# Rugby: Die halfeindronde van die Kampioenebeker vind hierdie naweek plaas met die Ierse span Leinster wat môremiddag die Franse span Toulon in die Aviva-stadion in Dublin verwelkom. Die verdedigende kampioene, Bordeaux-Bègles, ontvang die Engelse span Bath in Frankryk. Die eindstryd van die kompetisie, wat dikwels beskryf word as die wêreld se moeilikste klubkompetisie, word op die 23ste van hierdie maand in Bilboa, Spanje, gespeel in die San Mamés-stadion, wat 53-duisend toeskouers kan huisves.
Rugby: Leinster, Bordeaux gashere vir naweek se Kampioenebeker