# Rugby: Die Junior Springbokke speel Sondag teen Australië in die tweede ronde van die Onder-20 Rugbykampioenskap, wat in Gqeberha in die Oos-Kaap plaasvind. In die ander wedstryd by die Nelson Mandelabaai-stadion sal die Baby Blacks teen Argentinië se juniors speel. Suid-Afrika het die jong Pumas in die eerste ronde kaf gedraf en met 48-21 gewen, terwyl Nieu-Seeland van agter af teruggeveg het om die jong Wallabies met 34-29 te klop. Die Baby Blacks het die vorige toernooie albei gewen.
Rugby: Baba Bokke speel Sondag teen Australië in Gqeberha