# Motorsport: Die jongste kampioenskapsvoorloper ooit in Formule Een, die Italiaanse tiener Kimi Antonelli, gaan die naweek probeer om ‘n driekuns te behaal in die Grand Prix in Miami. F1 keer na ‘n maand terug nadat die wedrenne in Bahrein en Saoedi-Arabië weens die Midde-Oosterse konflik gekanselleer is. Antonelli is nege punte voor sy Mercedes-spanmaat, die Brit George Russell, boaan die bestuurderskampioenskap na die seisoen se eerste drie wedrenne. Mercedes kon nog nie in Miami wen sedert dit vyf jaar gelede daar van stapel gestuur is nie.
Motorsport: Kimi Antonelli gaan probeer om ‘n driekuns te behaal met F1 se terugkeer in Miami