Skip to content

DA bemoedig deur vordering met sterker grenssekuriteit en modernisering van grensposte [KLANK]

# Die DA sê hy ondersteun die veiligheidshervorming van Suid-Afrikaanse grense terwyl dit handel en ekonomiese groei bevorder. Meer as 600-duisend individue is onlangs uit die land gesit, óf omdat hulle probeer het om die land onwettig binne te kom óf omdat hulle reeds onwettig in die land was. Adrian Roos van die DA sê doeltreffende grense is nie net ʼn vereiste vir veiligheid nie, maar ook ʼn ekonomiese noodsaaklikheid. Hy sê vertragings by grensposte kos Suid-Afrika miljarde aan handelsverliese en laer mededingendheid:

AFR RoosONReforms