# ActionSA het Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, gewaarsku oor ‘n dreigende watersuiweringskrisis. Die organisasie se Gautengse woordvoerder vir Omgewingsake, John Moodey, sê meer as die helfte van die stelsels verkeer onder erge druk, met baie wat hul vermoë oorskry en besoedelde water stort. Die party beraam dat 2,14-miljard-rand dringend nodig is vir herstelwerk weens opsetlike beskadiging, beurtkrag en swak onderhoud. Moodey vra onmiddellike oudits, die herbelyning van befondsing en sterker aanspreeklikheid om omgewings- en ekonomiese gevolge in die waterinfrastruktuur te voorkom.
ActionSA waarsku oor Gautengse waterkrisis te midde van stelsel wat onder erge druk verkeer