Skip to content

Tshwane waarsku inwoners oor skelmstreek met aansoeke vir uitgebreide openbarewerke-program

# Die Stad Tshwane veroordeel vals en misleidende inligting oor die verspreiding van aansoekvorms vir die Uitgebreide Openbarewerkeprogram. Mense doen hulle voor as verteenwoordigers van die metro en moedig mense aan om vorms vir die program by ʼn sogenaamde Soulbent-projekkantoor in Saulsville te gaan haal. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskaps- en Maatskaplike Ontwikkelingsdienste, Palesa Modise, sê die program is ʼn openbare indiensnemingsprojek en mag nooit uitgebuit word vir self-bevordering of veldtog-doeleindes nie.