# Sokker: Kroasië en AC Milan se kaptein, Luka Modric, se deelname aan die Wêreldbekertoernooi is in die weegskaal nadat hy Sondag sy wangbeen gebreek het tydens ‘n ligawedstryd teen Juventus. Hy het sy kop gestamp teen Juventus se middelveldspeler, Manuel Locatelli, en later ‘n suksesvolle operasie ondergaan. Kroasië se beheerliggaam sê die 40-jarige veteraan van vier Wêreldbekertoernooie sal alles moontlik doen om fiks te wees vir vanjaar se toernooi in Noord-Amerika, wat op 11 Junie begin. Kroasië speel in Groep L teen Engeland, Ghana en Panama.
Sokker: Modric se deelname aan die Wêreldbeker in die weegskaal na hy sy wangbeen breek