# Die DA het ʼn tweede amptelike klagte by die Parlement se gesamentlike komitee oor Etiek en Ledebelange ingedien teen die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe. Dit hou verband met voertuie wat na bewering van die Chinese ambassade ontvang is, maar wat Tolashe glo nie verklaar het nie of verkeerd voorgestel het. Die jongste klagte volg op ʼn etiek-klagte wat die DA vroeër vanjaar ingedien het oor Tolashe se gedrag met die onregmatige aanstelling van ʼn direkteur-generaal. Die DA sê haar optrede skend etiese regering.
DA dien tweede etiekklag in teen minister Tolashe