# Die Stad Kaapstad sê die 2026/2027-konsepbegroting vir energie bevestig planne om die metro se dinamiese, gedesentraliseerde energietoekoms met minder afhanklikheid van Eskom te verseker. Die begroting van 71,3-miljard-rand oor die volgende drie jaar sal energiesekerheid, infrastruktuurbelegging en groter bekostigbaarheid bevorder. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die metro se beplande projekte sluit in mediumtermyn-belegging van 1,245-miljard-rand in energiesekerheid-stelsels, en opgradering van die Steenbras-kragstasie:
Stad Kaapstad oogmerk meer as R1,2-miljard vir energiesekerheid en -diversifisering [KLANK]
ENG LimbergONEnergySecurity