# Krieket: Die verdedigende kampioen in die Indiese Premierliga, Royal Challengers Bengaluru, het ‘n klinkklare oorwinning van nege paaltjies oor Delhi Capitals behaal. Josh Hazlewood het vier paaltjies geneem en Bhuvneshwar Kumar drie en Capitals is in hulle 17de beurt vir net 75 uitgeboul. Devdutt Padikkal het daarna ‘n onoorwonnie 34 aangeteken van slegs 13 aflewerings en RCB het sy wenteiken binne sewe boulbeurte gehaal. Dit is die tweede-vinnigste oorwinning in IPL-geskiedenis en een van die grootste seges wat betref die aantal balle wat oor was.
Krieket: RCB lewer genadelose boulvertoning om reuse-oorwinning oor Delhi Capitals te behaal