# Krieket: Kaptein Laura Wolvaardt het uitgeblink met die kolf toe die Protea-vroue Indië in Benoni met 23 lopies verslaan het in die vyfde en laaste T20 om die reeks 4-1 te beklink. Wolvaardt het ‘n onoorwonne 92 van 56 balle gemoker en Suid-Afrika tot 155 vir ses gelei. Nonkululeko Mlaba en Nadine de Klerk het daarna elk twee paaltjies geneem en Indië is beperk tot 132 vir agt. Die reeks was voorbereiding vir die T20-Wêreldbekertoernooi in Engeland en Wallis. Suid-Afrika se eerste wedstryd is op 13 Junie teen Australië.
Krieket: Laura Wolvaardt lei die Protea-vroue na ‘n 4-1 T20-reeksoorwinning teen Indië