# Die Britse polisie sê ‘n 26ste verdagte is aangekeer in verband met ‘n vlaag aanvalle op Joodse terreine in die noordweste van die hoofstad, Londen, sedert verlede maand. In die jongste voorval is ‘n 37-jarige man ingeneem vir ondervraging oor die vermeende beplanning van terreurdade. Vorige voorvalle sluit in brandstigting by ‘n sinagoge en die gewese kantore van ‘n Joodse welsynsorganisasie, en ‘n hommeltuig wat naby die Israelse ambassade gevlieg het. Sky News berig teen-terreur-polisie ondersoek moontlike Iranse betrokkenheid.
Nog ‘n verdagte aangekeer oor vlaag aanvalle op Joodse terreine in Londen