Skip to content

ActionSA sê koalisies is hier om te bly in SA politiek

# ActionSA sê koalisieregerings sal ‘n sleutelkenmerk van Suid-Afrika se politieke landskap bly, veral in onbesliste metro’s soos Johannesburg. Nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê kiesers moet partye beoordeel na aanleiding van leierskap en die vermoë om saam te werk. Hy voeg by ActionSA is gewillig om saam te werk met partye wat verbind is tot dienslewering en die bekamping van korrupsie. Beaumont waarsku ook teen onbestendige koalisies en vra kiesers om geloofwaardige leierskap voorop te stel vir doeltreffende bestuur en verantwoordbaarheid voor die plaaslike regeringsverkiesing.