# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is steeds op koers om die eerste man te word om vyf Meesters-een-duisend-titels in ‘n ry te wen. Hy het deurgedring na die ronde van 64 in die Madridse Open met ‘n oorwinning in skoon stelle oor Elmer Moller van Denemarke in die Spaanse hoofstad. Die Italianer lyk ook onstuitbaar onderweg na ‘n loopbaan-Grand Slam deur die Franse Ope te wen in die afwesigheid van sy geswore teenstander, die Spanjaard Carlos Alcaraz, wat weens ‘n gewrigsbesering volgende maand se kleibaan-Grand-Slam-toernooi gaan misloop.
Tennis: Sinner steeds op koers na vyfde Meesters-een-duisend-titel in ‘n ry