Skip to content

Rugby: Pollard strafskop red Bulle in Llanelli

# Rugby: Die Bulle het Saterdagaand hul eerste oorwinning ooit teen die Scarlets in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Llanelli behaal, en daarmee hul uitspeelhoop lewend gehou. Die skrale oorwinning van 23-21 was danksy ‘n strafskop in die 77ste minuut deur Springbok-losskakel Handre Pollard, wat 18 punte in die wedstryd aangeteken het. Hy het sy eie drie sowel as Cheswill Jooste s’n verdoel en ook drie waardevolle strafskoppe bygevoeg. Die Bulle het nou na die sewende plek op die VRK-punteleer geskuif met die Stormers boaan en die Leeus derde, en nog twee liga-rondes oor.