Skip to content

Rugby: Stormers terug na verlede week se nederlaag en vermorsel Glasgow

# Rugby: Die Stormers het van verlede week se nederlaag teen Connacht herstel met ‘n oortuigende vertoning en die Glasgow Warriors Saterdagmiddag met 48-12 in die Kaapstad-stadion vermorsel. Die Stormers het ses drieë teenoor Glasgow se twee gedruk en is weer bo-aan die punteleer van die Verenigde Rugbykampioeskap met nog twee wedstryde oor. Springbok-skrumskakel Cobus Reinach is egter onverwags beseer en sal dalk lank buite aksie wees. Hy het uitstekend gespeel, maar het die veld in die tweede helfte verlaat met wat na ‘n ernstige kniebesering lyk.