# Krieket: Virat Kohli het gisteraand in Bengaluru die voortou geneem vir die Royal Challengers Bangalore toe hulle die Gujarat Titans se totaal van 205 vir drie gemaklik gejaag het om hul Indiese Premierliga-wedstryd met vyf paaltjies te wen. Die 37-jarige Kohli was so goed soos altyd met sy 81 van slegs 44 balle met agt viere en vier sesse. Die uitskag skuif die Challengers na die tweede plek op die punteleer met vyf oorwinnings en tien punte uit hul sewe wedstryde, terwyl Gujarat in die sewende plek bly met drie oorwinnings en ses punte uit hul sewe wedstryde.
Krieket: Kohli lei RCB na oorwinning oor Gujarat Titans