Skip to content

Koning Charles gaan 9/11-geleentheid bywoon saam met New Yorkse burgemeester, Mamdani

# Die burgemeester van New York, Zohran Mamdani, sal volgende week saam met Brittanje se koning Charles deelneem aan ‘n kransleggingseremonie by die 9/11-gedenkteken. Die gedenkteken merk die plek van die aanvalle op die Twin Towers op 11 September 2001. Sowat 67 Britte was onder die minstens twee-duisend-606 mense wat in die aanval dood is. Koning Charles sal ook ‘n toespraak voor die Kongres lewer, die eerste deur ‘n Britse monarg sedert koningin Elizabeth II in 1991. Die reis vind plaas te midde van gespanne betrekkinge met die VSA. President Donald Trump het vroeër aan die BBC gesê hy glo koning Charles kan help om Washington se verhouding met Londen te herstel.