Skip to content

DA neem kwessie oor vermiste lys van seksoortreders na die parlement

# Die DA doen ‘n beroep op die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, om voor die parlement te verskyn om rekenskap te gee oor die oponthoud van 14 maande met die uitreiking van die nasionale register vir seksoortreders. Volgens die party bly die register, wat die name van ongeveer 32-duisend veroordeelde oortreders bevat, ontoeganklik vir keuringsdoeleindes in skole en ander instellings. Glynnis Breytenbach van die DA sê die oponthoud ondermyn die stryd teen geslagsgeweld en stel kwesbare groepe in gevaar.