# Tennis: Die Paraguaanse kwalifiseerder Adolfo Daniel Vallejo sê hy voel asof hy ‘n fliek beleef nadat hy die voormalige wêreld-nommer-drie Grigor Dimitrov, in die eerste ronde van die Madridse Ope uitgeskakel het. Die 21-jarige het verlede maand die eerste keer die top-100 en speel hierdie week in sy eerste Meesters-een-duisend-toernooi. Hy is die eerste Paraguaanse speler wat aan die toernooi deelneem en speel volgende teen die 17de gekeurde Amerikaner Learner Tien. Vanmiddag pak die wêreld-nommer-een, die Italianer Jannik Sinner, die Fransman Benjamin Bonzi in die tweede ronde.
Tennis: Paraguaanse kwalifiseerder Adolfo Daniel Vallejo skakel voormalige wêreld-nommer-drie uit in Madridse Ope