# Rugby: Die Junior Springbokke begin hul onder-20-rugbykampioenskapveldtog op Vryheidsdag teen Argentinië op die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Die wedstryd volg op die toernooi se openingswedstryd tussen Nieu-Seeland en Australië. Die vier Suidelike Halfrond-nasies sal een keer teen mekaar speel in ‘n rondomtalie-formaat, met die laaste kragmetings op 9 Mei. Die Baba-bokke se groep bevat verskeie provinsiale sterre. Die toernooi dien as ‘n belangrike ontwikkelingsplatform voor Wêreldrugby se onder-20-kampioenskap wat van 27 Junie tot 18 Julie in Georgië plaasvind.
Rugby: Junior Springbokke pak Argentinië op Vryheidsdag in Suidelike Halfrond se onder-20-kampioenskap