# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding het ernstige kommer uitgespreek oor die SETA vir Onderwys, Opleiding en Ontwikkelingspraktyke se versuim om verslag te doen oor sy besteding van diskresionêre toelaes. Die SETA kan nie rekenskap gee van 637-miljoen-rand se toelaes wat deur die Ouditeur-generaal uitgewys is nie. Voorsitter Tebogo Letsie sê hulle is ook bekommerd oor 42-miljoen-rand wat vir studente-toelaes geoormerk is, maar nie betaal is nie. Die komitee sê sonder behoorlike ondersteunende dokumente kan die vloei van fondse nie bepaal word nie.
Parlementêre komitee bekommerd oor onderwys-SETA se versuim om rekenskap te gee oor toelaes