Skip to content

Rugby: Siya Kolisi terug vir sy 50ste wedstryd vir die Haaie

# Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi is terug in die Haaie se span na ‘n kuitbesering vir vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Edinburgh – hulle laaste wegwedstryd van die groepsafdeling. Hy begin op die bank in sy 50ste toets vir die span. Afrigter JP Pietersen het losskakel Siya Masuku na binnesenter verskuif en kaptein André Esterhuizen na nommer 13. Makazole Mapimpi vervang die beseerde Ethan Hooker op vleuel. Die voorspelerpak is dieselfde as verlede week, met die Springbok-staatmakers Ox Nché en Vincent Koch weer op die bank.