Skip to content

Krieket: Mitchell Starc gereed om na IPL terug te keer na beserings

# Krieket: Die Australiese snelbouler Mitchell Starc is gereed vir die Indiese Premierliga nadat hy van skouer- en elmboogbeserings herstel het. Die 36-jarige was sedert Januarie buite aksie nadat hy deel was van die sege van 4-1 oor Engeland in die reeks om die As, en die Big Bash. Starc sal moontlik volgende Vrydag beskikbaar wees vir Delhi Capitals se wedstryd teen Rajasthan Royals. Sy landgenoot Pat Cummins, wat ʼn rugprobleem gehad het, speel die naweek vir Sunrisers Hyderabad in sy eerste wedstryd van die IPL-seisoen.