# Die Stad Tshwane sê die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg is tydelik gesluit. Dit volg na onlangse reën en donderstorms wat ʼn groot uitwerking op die onverwerkte watervoorraad gehad het. Die metro-woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die gehalte van die water het die aanleg se behandelingsvermoë oorskry wat dit moeilik maak om die water tot op die vereiste vlakke te verwerk. Hy sê klante word ook herinner aan vandag se beplande sluiting van 24 uur om ʼn massameter vir onverwerkte en een vir skoon water te installeer.
Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg word tydelik gesluit