# Die ANC-studiegroep oor Polisie vra president Cyril Ramaphosa om met die nodige haas op te tree teen die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, en bestendigheid in die polisiediens te herstel. Masemola word aangekla van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met ʼn tender van 360-miljoen-rand wat onregmatig aan Medicare24 toegeken is. Die maatskappy behoort aan Vusimuzi ‘Cat’ Matlala. Die ANC se parlementêre groep sê ʼn nasionale polisiekommissaris wat vervolging in die gesig staar, skep ʼn bevel- en beheerkrisis. Hy sê die polisiediens se geloofwaardigheid het aansienlike skade gely.
ANC-studiegroep oor Polisie in Parlement vra Ramaphosa om teen Masemola op te tree