Skip to content

Krieket: Protea-vroue beklink T20-reeks teen Indië met twee wedstryde oor

# Krieket: Kaptein Laura Wolvaardt het die 17de honderdtal van haar loopbaan behaal en die Proteas tot ʼn negepaaltjie-oorwinning teen Indië gelei in die derde T20 op die Wanderers. Indië se kaptein, Harmanpreet Kaur, het 66 gemoker en die besoekers het 192 vir vier op die telbord geplaas. Daarna het Wolvaardt 115 van net 53 balle behaal en ʼn aanvangsvennootskap van 183 met Sune Luus gedeel. Suid-Afrika het die teiken bereik met 21 balle oor. Die Proteas loop met 3-0 voor en wen dus die reeks van vyf wedstryde.