Skip to content

Tshwane se burgemeester vra regverdige klimaataksie in stede om rampgevare te verminder [KLANK]

# Tshwane se burgemeester Nasiphi Moya sê kwesbare gemeenskappe word die ergste getref deur klimaatsverandering en arm huishoudings word meestal geraak deur oorstromings, hitte en skade aan infrastruktuur. Moya het tydens die bekendstelling van die Klimaataksie-ondersteuningsprojek beklemtoon plaaslike klimaatreaksie moet voorrang gee aan veerkragtigheid, waardigheid en regverdigheid. Moya sê munisipaliteite moet fokus op versagting en voorbereiding, en die vermindering van gevare voor rampe ontstaan, om gemeenskappe beter te beskerm en inklusiewe, volhoubare stedelike ontwikkeling te verseker.

ENG-MoyaOnClimate