# Die Motorherstelvereniging van Suid-Afrika waarsku toenemende voertuigafskrywings kan ‘n gevaarpunt bereik. Nasionale direkteur, Juan Hanekom, sê hierdie neiging kan die mark oorweldig met beskadigde voertuie, aangesien hierdie motors moontlik terug op die paaie kan beland, wat veiligheids-bekommernisse veroorsaak met sommige motors wat teen slegs 35-persent van hul waarde afgeskryf word. Die vereniging vra verbeterde opsporingstelsels en ‘n breër bedryfsamewerking om deursigtigheid te verbeter, verbruikers te beskerm en veiliger bestuur van voertuie te verseker.
Motorherstelvereniging waarsku stygende voertuigafskrywings verhoog veiligheids-bekommernisse