# Rugby: Rugby Australië is uiteindelik uit die skuld danksy verlede jaar se besoek van die Britse en Ierse Leeus, terwyl volgende jaar se aanbieding van die Wêreldbekertoernooi sake verder sal verbeter. Uitvoerende hoof Phil Waugh het ‘n rekord-bedryfsoorskot van 822-miljoen-rand aangekondig nadat meer as 370-duisend toeskouers verlede jaar die Wallabies se sewe tuistoetse bygewoon het, ‘n rekord vir buite ‘n Wêreldbekerjaar. Hy sê Rugby Australië kom sy belofte na om die spel se finansies te herskep, trots te herstel en ‘n nuwe strategiese koers in te stel.
Rugby: Leeus se toer gee Rugby Australië ‘n rekord- bedryfsurplus