Skip to content

Rugby: Bok-afrigter verwag moeilike toets teen die Barbarians

# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is opgewonde om die seisoen op 20 Junie in Gqeberha teen die Barbarians af te skop. Die ster-belaaide Barbarian-span word deur die voormalige All Black-afrigter, Scott Robertson, afgerig. Die Springbokke het nog nooit op die Nelson Mandelabaai-stadion verloor nie. Hulle het agt van hul nege toetse gewen en een was gelykop. Erasmus sê die Barbarians sal ʼn behoorlike toets wees omdat hulle na Suid-Afrika kom met ʼn ervare en gerekende span afrigters.