Skip to content

Rugby: Sacha speel moontlik hierdie naweek sy 50ste Stormers-wedstryd

# Rugby: Die Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu sal na verwagting sy 50ste toets vir die Stormers speel in hierdie naweek se tuiswedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Glasgow Warriors. Die twee voorste spanne op die punteleer sal mekaar in Kaapstad pak. ‘n Oorwinning van tien punte vir die tuisspan sal hulle die eerste plek op die rangleer terugbesorg, nadat hulle vroeër vanjaar agt agtereenvolgende oorwinnings behaal het. Feinberg-Mngomezulu sê hy hoop om die spesiale geleentheid met ‘n oorwinning vir sy span te vier.