Skip to content

Atletiek: Bolt sê Gout moet homself met ‘n sterk ondersteuningspan omring

# Atletiek: Die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt, het die Australiese naelloopsensasie Gout Gout aangespoor om homself met ‘n sterk ondersteuningspan te omring sodat hy nie deur sukses ontspoor word nie. Die agtienjarige Gout word reeds vergelyk met die Jamaikaan wat steeds die wêreldrekords in die 100- en 200-meter hou. Bolt sê Gout het hopelik die regte stel mense om hom te lei en op atletiek te laat fokus. Gout is gereed om op 10 Junie sy Diamantliga-debuut in die 200-meter in Oslo te maak.