# Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê nasionale kommissaris Fannie Masemola se verskyning in die Pretoriase Landdroshof is ‘n toets vir die diens se integriteit. Hy staan tereg oor ‘n omstrede tender. Mathe sê die saak toets ook aanspreeklikheid en respek vir die oppergesag van die reg. Sy het beklemtoon dat niemand bo die wet verhewe is nie, en bygevoeg dis nou tyd vir besinning, eerlikheid en die herbou van openbare vertroue:
Polisie sê Masemola se hofverskyning is ‘n toets vir integriteit [KLANK]
ENG-MatheOnMasemolaCase