# ‘n Konflik- en geskilspesialis, André Vlok, sê padwoede begin dikwels lank voor ‘n situasie ontvou, aangevuur deur frustrasie, angs en vrees. Hy waarsku swak konflik-oplossingsvaardighede dra by tot ‘n groeiende kultuur van aggressie waar geringe meningsverskille vinnig dodelik kan word. Vlok sê die padwoede-voorval in Emmarentia, Johannesburg, waarin ‘n man doodgeskiet is, weerspieël ‘n groter maatskaplike probleem, nie ‘n enkele geval nie. Hy versoek motoriste om hul emosies te bestuur en situasies te ontlont. Vlok sê klein gebare van kalmte kan help om te voorkom dat ‘n situasie gewelddadig raak.
Kenner sê skietvoorval in Emmarentia weerspieël ‘n groter maatskaplike probleem