Skip to content

IVP stel sy nasionale en provinsiale konferensies uit om op die plaaslike regeringsverkiesing te fokus

# Die IVP het besluit om sy provinsiale en nasionale konferensies tot volgende jaar uit te stel ter wille van aaneenskakeling en bestendigheid in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing. Die termyn van die huidige leierskap het in Augustus 2024 verstryk, maar die party het besluit om nie nuwe leiers te verkies nie omdat hy deel geword het van die regering van nasionale eenheid. Die IVP sê die verkiesing bied ‘n belangrike geleentheid om sy prestasies in munisipaliteite te konsolideer en uit te brei om sy posisie as ‘n geloofwaardige alternatief in plaaslike regering te versterk.