# President Donald Trump sê Amerika sal Iranse hawens blokkeer tot Teheran instem tot ʼn ooreenkoms om die oorlog te beëindig. Sedert die blokkade ingestel is, het Amerikaanse magte 27 skepe beveel om terug te draai of na ʼn Iranse hawe te vaar. Hulle het ook ʼn vragskip met ʼn Iranse vlag onderskep en daarop beslag gelê. Iran het sy eie blokkade van die belangrike Straat van Hormoes. Trump sê in ʼn inskrywing op Truth Social ʼn ooreenkoms met Iran sal binnekort bereik word.
Trump sê Iranse hawens sal geblokkeer bly tot Teheran tot ’n ooreenkoms instem