# Motorsport: Formule Een se beheerliggaam, die F-I-A, sê hulle het besluit om talle regulasies aan te pas in aanloop tot volgende maand se Miami Grand Prix. Dit is weens renjaers se kommer oor hul veiligheid en sekere elemente van mededinging. Sommige veranderinge sluit in die berging van kinetiese energie en ontplooiings-beperkings om te kwalifiseer, beperkte kragverbruik om draaie om veiligheid te verseker, en veranderings aan die wegspringprosedure. Die F-I-A se president, Mohammed Ben Sulayem, sê die veranderinge is om seker te maak veiligheid en regverdige mededinging word gehandhaaf.
Motorsport: F1 verander talle regulasies in aanloop tot Miami Grand Prix