# Rugby: Die Springbok-agterspeler Ethan Hooker se onmiddellike toekoms is in gedrang nadat hy beseer is tydens ‘n omstrede voorval in die Haaie se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Ospreys in Wallis. Luke Morgan het op hom geduik nadat hy ‘n drie gedruk het aan die einde van die eerste helfte. Hooker het nie na rustyd teruggekeer nie, en Morgan is nie gestraf nie. Die Haaie se afrigter, JP Pietersen, het bevestig dat Hooker se skouer verstuit is en sê sy afwesigheid is baie teleurstellend en frustrerend. Die Ospreys het 21-17 gewen.
Rugby: Twyfel oor Hooker se fiksheid na omstrede besering teen Ospreys